This site is under maintenance, we apologize for any inconvenience. / Daar word aan die webwerf gewerk, jammer vir enige ongerief.

Jump to: navigation, search

Aardverwarming op wild en veebedrywe

11:21nm, Woensdag, 03 Sep, 2008

Inleiding

Kan mens anders as om die vraag te vra;

  1. Watter ekonomiese rol gaan aardverwarming in die wild- en veebedryf se toekoms speel?
  2. Watter risiko’s hou dit in en, wat is dit presies?
  3. Is daar iets wat nou al gedoen kan doen om die ekonomiese impak van biomes-verandering te bestuur?

Aardverwarming is ‘n belangrike besprekingspunt en dit is ‘n hoogs emosionele debat tussen wetenskaplikes en “groenaktiviste”.

Die oor en weer vingerwysings het ‘n beslissende invloed op die wild- en veeboer veral omdat daar bewyse is dat die gasse wat van veral beesmis ontsnap, een van die grootste bydraes lewer tot aardverwarming. Beesboedery se winste verwoes belangrike woude in die Amazone.

Vir die eerste keer in heugenis is daar droogte in die Amazone, iets wat afgryslike gevolge het vir altwee Amerikaanse vastelande en ook vir die hele wêreld daarmee saam.

Wat is die waarheid van hierdie beweringe?

Studies, bewerings en natuurrampe help die saak van die wild- en veeboer nie as dit nie in wetenskaplike perspektief geplaas word nie.

Afrika het onkundige bestuurders wat nie die belangrike skakels in die natuur verstaan nie. Wanneer die sake genoem word, is dit maklik om as 'n rebel en aktivis uitgekryt te word. Dit is tog belangrik dat die mensdom in geheel die gevolge van aardverwarming op die toekoms van die mensdom goed verstaan.

Biomes, veranderende streke en voetspore in die natuur

Elke habitat het sy eie parasiete of insekte wat daar lewe, grondminerale, voedingstowwe, plante en reënvalpatrone wat uniek is. Elke habitat reageer anders met te veel en of te min reën. Die Natuur vertel nooit ‘n leuen nie en Darwin se “survival of the fittest” beskrywing is waar wanneer daar verwys word na “The destruction of those who are injurious”....,

Vir die toekoms is die bestudering van die verlede se atmosferiese voetspore van die dier- en planteryk belangrik, want toe die natuur daar 'n impak gemaak het weens verskeie natuurredes, was belangrike lewe weggeneem.

Wat beteken Aardverwarming

Aardverwarming beteken dat die bekende gedrag van die temperatuur asook klimaats- en reënvalpatrone na die onbekende verander. Die verandering beinvloed als wat lewe se lewensiklusse en gedrag en, dit is waarneembaar in waterbronne, dieregroepe se paring en lewenssiklusse asook plante se aard en aanpassings.

Al Gore se boek, "An Inconveniant Truth" wys hoe gletsers verdwyn het en in mere verander het. Dit wys besoedeling en droogtes in die Amazonekom, die vernietiging van natuurlike woude reg oor die wereld en die verwoestende gedrag van kategorie 4 en 5 storms soos wat nou met Orkaan Gustav. Wat kommerwekkend is, is die gehalte van hierdie storms en die frekwensies van voorkoms. By Louisiana is dit storms en water. Australië is deur die ergste droogte in heugenis. Hou dit als verwant?

Daar is sketse wat toon hoe besoedelde lug keer dat die gevaarlike infrarooi strale van die son, nie deur die vuil lug kan weerkaats weg van die aarde nie en vasgegevang word onder die wolk van besoedelde lug hier op aarde. Dit beteken dat als hier in werklikheid aan infraroostrale bllotgestel word..

As lente in die Noordelike halfrond aanbreek, word die lug skielik drasties skoner soos wat die groeiende plante en bome se blare die koolsuurgas opneem en noodsaaklike suurstof afskei.

Wat gebeur in SA in ons bestaande biomes?

Die habitatte waarin ons lewe se karakter verander byna daagliks. Daar is nuwe en onbekende swamme, virusse, bakterië en gifplante wat onder ons oë in ons omgewings inkruip.

Lees ons die tekens reg?

Lees ons die geskrifte en gesprek van ons dierelewe en die veranderlikes in ons plantelewe op die grond reg ? Sien ons die verandering in ons insekte en plantewêreld in perspektief en watter ekonomiese invloed gaan dit op die wild en veeboer hê? Sien ons die verandering in ons reënval en temperatuur reg?

Parasiete en aardverwarming

Dit is in een van die vorige skrywes reeds verwys dat daar van die voorheen geklassifiseerde bosluisgedraagde virussiektes, so aangepas het dat hul in hul ou bekende vorm net nie meer bestaan nie. Die virusse is nuut, dit het aangepas en verander en so gemuteer dat dit nie in sy sy ou bekende vorm meer enige faktor is en ook dat oumedisynes nie daarteen reageer nie.

Virusse is lewende organismes wat hulself 24/7per dag voortdurend aanpas om te vernuut, te muteer en hulself te verander deur hulself teen en gevare weerstandig te selekteer.

Virusse bly vir die beste van mensekennis onvoorspelbaar en aan die voorpunt van verandering. Die mens kan vir die jaarlikse griepaanvalle eers entstof teen die invloed van die virus ontwikkel nadat die virus se eienskappe bekend is, die mens kan nie die virus se verandering voorspel nie.

Al Gore se boek wys op sowat 30 bekende siektes wat voorheen onder beheer was, wat hul probleemkoppe weer orals in die wereld weer uitgesteek het. Of mens nou aardverwarming daaraan wil koppel aldan nie, die siektes is weer volstoom aan die gang en besig of hul verwoestingswerk voort te sit.

Is dit omdat die klimaat baie gunstig is daarvoor of omdat die mens onverskillig is? Virusgroepe, ongeag wat die voorkoms en of bestaan daarvan stimuleer, is volstoom aan die verander en te vernuwe na nuwe dodelike virusinvloede op mens en dier.

Waar word die virusse en bakteriese siektes gevrees?

In 2003 het een van die mees gerespekteerde Viroloë ter wêreld, Robert Webster, in ‘n artikel oor H5N1 “The American Scientist” gesmeek skrywe;

"The world is teetering on the edge of a pandemic that could kill a large fraction of the human population".

Webster se angs lê verwoord in die geskiedenis van die groot Spaanse griep in 1918 en 1919, wat 50 miljoen mense gedood het? Die Swart Dood in 1340’s wat 75 miljoen mense gedood het en moontlik byna 2/3 van die Europa se bevolking gedood het. Daar is vele ander virusse wat hele bevolkings tot stilstand toe geruk het.

David Nabarro het op 29 September 2005, as nuut aangewysde “Senior United Nations System Coordinator for Avian and Human Influenza” gewaarsku dat ‘n uitbreek van die hierdie virus tussen 5 en 150 miljoen mense in ‘n baie kort tydperk kan dood. Wat gaan verdwyn as die bevolking begin om uit te sterwe? Daar moet onthou word dat die virus ook baie nuttige mense in die samelewing ook gaan beinvloed.

Margaret Chan, voorsitter van die Wereld Gesondheidsorganisasie pleit onlangs dat opkomende nasies toegang tot goedkoper entstowwe moet kry. Die Regering van Indonesië vrees daarenteen, na die onlangse nuwe Voëlgriep wat daar uitgebreek het, dat Biologiese Maatskappye net geld uit die virus wil en gaan maak en hou daarom hul inligting in die verband terug.

Chan het haar so uitgelaat daaroor;

"If you do not share the virus with us, I want to be absolutely honest with you, I will fail you, I will fail you because you are tying my hands, you are muffling my ears, you are blinding my eyes. The sharing of virus samples is critical for pandemic influenza. It is unlike measles, it is unlike dengue, it is unlike polio, because the world's scientists know the characteristics of these viruses. "Influenza virus is very tricky. It changes every day. The virus as we are talking now is mutating at a pace that we cannot keep up with," ...

Is ons in Suider Afrika hiervan gespaar?

Beheer van die draers van virusse wetenskaplik

Aardverwarming is ‘n belangrike rolspeler in dieresiektes. In die veranderende tye moet die vektore, draers en oorsake van die siektes wat op welke manier ook al versprei, wetenskaplik bestuur word. Chan se aanhaling;

"Influenza virus is very tricky.. “The virus as we are talking now is mutating at a pace that we cannot keep up with, it changes every day," moet ernstig beskou word. Ons kan reeds “virus” vervang met “virusse” en dan moet ons almal nie vergeet wat en wie versprei die virusse nie.

Dit is onder andere voëls wat die H5N1 virusse versprei, dit is voëls wat ook bosluise en ander parasiete versprei. Voëls is ‘n belangrike eerste stadia voedingsbron van verskeie bosluisgroepe, veral in die 2- en 3-gasheergroepe. Dit is op voëls en ander reptiele wat parasiete hul eerste bloedmaal neem.

Die waarheid is, hierdie virus het onlangs 178 mense in Indonesië gedood. Die wêreld pleit dat dit gekeer moet word. Is die moeikheid wat ons hier het so moeilik om te verstaan?

In die boek van Al Gore, “An Inconvenient Truth” word daar verwys na verskeie invloede van aardverwarminge. Dit wys op;

1. Malaria wat tot so vêr as 7000 voet bokant seespiëel in die Colombiaanse Alpe begin uitbreek het 2. Sowat 279 plant en dier spesies het alreeds nader na die koue van die pole beweeg 3. Meer as ‘n miljoen spesies sal nie aanpassing kan oorleef nie en reeds teen 2050 totaal uitgeroei wees

Vrae wat antwoorde eis

Is dit so moeilik om te verstaan as mens pleit dat bosluise en ander parasiete in landsbelang wetenskaplik bestuur moet word? Is dit so moeilik om ‘n beroep te doen op die integriteit van bees- en wildboere om te help in voorkomende beheer van siektes. Is dit so moeilik om wetenskaplike en etiese beheer toe te pas, om ‘n paar rand aan die wetenskap en die toekoms te bestee? Hoe anders verhoed ons dat onwetenskaplike beheer van parasiete. Hoe verhoed ons parasietweerstandigheid?

Die dag is reeds hier waar bosluise en ander insekte se weerstandigheid teen beheermiddels van so aard is dat bekende bestaande middels nie meer effektief beheer nie. Meer en meer vind mens dat virusse tussen mens en dier al hoe nader na mekaar beweeg.

Herhaling van 'n vorige gedeelte; Strategiese bestuur en strategiese beheer.

Strategiese beheer vind plaas wanneer skadelike plant- en dierlike organismes op tye beheer word wanneer die organismes op hul sensitiefste is in hul lewenssiklus. Sou dit vektore soos muggies, vlieë en of bosluise wees, is dit nodig om hul getalle strategies te verminder en in hul lewenssiklusse ingryp voordat hul geslagsryp is.

Wetenskaplike beheermetodes moet toegepas word in die “strategiese” tye om die sensitiewe skakel van die organisme se lewenssiklus tot uitskakeling te benut.

By bakteriegefundeerde siektetoestande, soos miltsiekspore wat plantaardig van aard is, is die beheer anders. Ook dit moet ook aan wetenskaplike programme voldoen. Bakterieë (plant) en protosoö (dier) is albei eensellige organismes wat onderskeidelik die laagste vorm van plant en dierlewe verteenwoordig.

Hierdie organismes versprei in die natuur deur bytende insekte, bosluise, besmette diere, gegiste voer, beenmeel, weiding, water, wind, voëls en mense en, hulle is op elke plaas teenwoordig. Dit is dus ‘n uitgemaakte saak dat een of ander bakterie of virussiekte wel ‘n invloed op die boerdery sal hê.

Die rol van parasiete is die heel laaste faktor in die natuurketting en word verkeerdelik alleen vir verliese verantwoordelik gehou. Wanneer bosluise en ander parasiete begin om diere uit te skakel, is daar reeds twee ander belangrike rolspelers, soos weiding en voeding wat onder druk verkeer of reeds geknak het.

Bosluise het saam met die natuurlike habitatte (gras- en bossoorte) deur die eeue daarvoor gesorg dat natuurlike grense vir wild afgebaken word.

Die mens het probeer om met sy vee die natuur se grense te verbuig. Die natuur het daarop gereageer want, waar die mens eers in keer verwoes het, moet hy blywend ingryp. Natuurlike grense het te doen met unieke voedings-en veiligheidsbehoeftes wat ‘n direkte invloed het op spesies se voortplanting.

Daaroor meer later.

Nog artikels deur Pierre van Niekerk


Bron: Pierre van Niekerk

0126674755
0822208386

Skakels/Links

Wikipedia