Agriwiki:Geselshoekie

Bookmark and Share

From Agri Wiki

Jump to: navigation, search
Sien ook:
Geselshoekie argiewe:

Welkom by die Agri Wiki se geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier. Teken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argiewe geskuif (sien die kieslys regs). As u 'n gesprek wat in die argiewe is wil voortsit, word dit aanbeveel om die betrokke dele uit te knip en hier te plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.


Contents


[edit] Wat gebeur met ons werkgewers en werknemer verhoudinge?

Ek wil nie self kommentaar oor die onder werp lewer nie, maar hier is baie vrae wat ek graag wil hè dat ons dit moet bespreek om te kyk waar en hoe kan ons poog om van die situasies waarmee ons daagliks gekonfronteer word op te los of moontlike antwoorde te kry.

Waarom is die mense so traag om te werk of om instruksies uit te voer? Waar is die lojaliteit en respek wat daar was toe ons pa's nog geboer het? Wat het geword van eerlikheid in die werkplek? Wat gebeur dat so baie werknemers ontslaan word weens alle soorte wangedrag? Hoekom word ons toerusting nie met rus gelaat en opgepas nie? Waarom word ons vee verwyder sonder toestemming? Waarom sukkel ons so met drankmisbruik onder ons werknemers? Afwesigheid van werk is 'n nasionale ramp! Afhanklikheid van alle toelaes is meer belangrik as hul werk! Beserings aan diens is skielik 'n bron en verwagting van geld en die werkgewer is die oorsaak en gevolg as die werklikheid tot hul deurkom! Saterdae en Sondae moet gerus word want ander bedrywe werk dan nie!

Braam

Dis baie waar...my opinie is met die veranderinge in Suid-Afrika en die wêreld het die veranderinge in die verhoudinge gebeur...daar is heeltyd 'n verwagting by die werknemers...en die werkgewers bly gee om hulle gelukkig te hou. Ek self is ook 'n werkgewer....Maar dit kom nou al oor 'n tyd saam. Kyk na Amerika....hulle het dieselfde tipe houding/verwagtinge (wil net hê heeltyd), en kyk waar sit hulle nou in hulle land met die kredietprobleem.... Dalk gaan dit nog erger word? Dalk moet mens meer strenger word as werkgewer? Dis 'n moeilike een hierdie. --Sarel 08:56, 11 February 2009 (UTC)

[edit] Wat wil u sien op Agri Wiki?

Watter onderwerpe of inligting wil u sien op Agri Wiki?

--Sarel 14:19, 21 April 2009 (UTC)

[edit] Reenval

--196.30.245.149 09:41, 15 May 2009 (UTC)Hi Ek wil net weet of julle enige voorspellings het tov die reenval vir die komende lente/somer maw vanaf Okt/Nov 2009 tot April 2010. Ons boer in die Cullinan omgewing.

Gaan loer dalk bietjie na die volgende artikel: Weather satellite photos. Groete. --Sarel 05:59, 12 June 2009 (UTC)

[edit] WAT WIL ONS GRAAG SIEN OP HIERDIE BLAD

Ek wil voorstel dat daar meer van die onderwerp gemaak word en dat dit 1. Duideliker op die blad vertoon word en 2. Makliker toeganklik sal wees.

Dit sal die gewildheid van die blad verseker 'n hupstoot gee. Dit terloops.

Ek sou persoonlik meer wou weet van 1. KOMPOS BEWERKING 2. KWEEK VAN SAMPIOENE 3. GEREELDE EN OPGEDATEERDE VLEISPRYSE VERAL VAN ONBEKENDE ABBATOIRS OOR DIE LAND BV DIE ABBATOIRS IN DIE MOSSELBAAI EN OUDTSHOORN AREAS. 4. DIE PRYSE VAN WAT LEWENDE HAWE BEHAAL HET OP PLAASLIKE VEILINGS.

Baie dankie.

Ernst van Biljon --165.146.175.74 02:23, 26 May 2009 (UTC)

[edit] HOE KIES MENS 'N HANDTEKENING IKOON?

Voorstel

Kan u iewers aan ons groentjies raadgee hoe om 'n handtekening ikoon te verwerf asb.

Ernst van Biljon

U sal moet registreer vir 'n gebruikersnaam(username) en wagwoord(password). Sodra u dan ingeskryf(logged in) het, sal u op die hantekening ikoon kan kliek en u inligting sal dan verskyn. Groete. --Sarel 06:01, 12 June 2009 (UTC)

[edit] Nuwe tydskrif

 Daar is glo n nuwe vee tydskrif op die mark genoem Veepos.  Weet iemand iets dasrvan?  Theuns
Personal tools
Create a book
Translate
Google AdSense
Together with:
www.landbou.com
follow us:
Twitter