Inseklopedie van Suider-Afrika
From Agri Wiki
Die inseklopedie van Suider-Afrika is nie 'n veldgids vir die identifikasie en beskrywing van insekte nie, aangesien dit nie in een publikasie saamgevat kan word nie. Die skrywer Erik Holm, bekende entomoloog, stel dit so: Met hierdie boek wil ek nie, soos met 'n gewone veldgids, probeer om die sowat 50 000 insekspesies wat al in ons streek beskryf is, identifiseerbaar te maak nie. Dis 'n onbegonne taak. Eerder wil ek van hulle doen en late vertel - die haas ongelooflike stories wat my na al die jare nog steeds kan verwonder soos geen mensgemaakte fantasie nie.
Driekwart van alle lewende spesies op aarde is insekte, en hulle is belangriker in ons wêreld se ekologie as alle ander diere saam. Insekte is verreweg die interessantste en verbasendste leerskool wat die natuur ons bied, want hulle beskik oor tegnologiese vermoëns waarvan die mens net kan droom, soos onverstaanbare meganismes van vlieg. Die meeste insekte is in die orde van so twee millimeter lank en val dus nie in die oog nie.
Die inseklopedie van Suider-Afrika ontsluit die wonderwêreld van insekte en dit is geïllustreer met volkleurfoto's en illustrasies. Die 12 hoofstukke dek die wêreld van 'n insek, voortplanting, metamorfose, beweging, konstruksie en strukture, sig en lig, geluid en gehoor, reuk, aanpassings vir hitte en koue, superorganismes, die rol wat insekte speel en identifikasie.
Publisher: LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) ISBN: 9780799342727 Publication date: November 2008 Length: 222mm Width: 156mm Pages: 384
[edit] Verbandhoudende artikels/Related articles
Lees Bybel met groen bril of word vernietig




