Nampo 2010
From Agri Wiki
The world of agriculture will be exhibited from 18 - 21 May at the 2010 NAMPO Harvest Day and a number of exhibitors have indicated that they will be launching new products.
With the 2010 theme, “See the world of agriculture” as inspiration, there are more than 630 exhibitors ready to address the many facets of commercial agriculture. Mechanisation exhibitors will continue with the virtual demonstrations which have been presented at exhibitor’s stands since last year.
“The Harvest Day is the one occasion producers do not want to miss. This is a get together of all relevant parties involved in agriculture, which also creates an opportunity for one-on-one interaction,” said Mr. Jub Jubelius, Chairman of the NAMPO Harvest Day Committee. Producers have the opportunity to measure their personal world of agriculture against the newest technology and farming knowledge available. “This makes the Harvest Day an exceptional business opportunity for any producer,” he added.
He also mentioned that input suppliers, who did not exhibit in previous years, are back after once again realising the true value of the Harvest Day.
As part of a growing interest from overseas exhibitors, a large delegation from Argentina, five American exhibitors and Australia will exhibit their products. Visitors can also look forward to a number of new breeds at the livestock exhibition.
The world of the farmer is however not only about technology, mechanisation and marketing. Grain SA (organisers of the Harvest Day) also provides for a more relaxed view on life:
- 4x4 demonstrations will be held daily (11:00 and 15:00) at the 4x4 obstacle course.
- Members of the fairer sex can look forward to an inspiring ladies programme (presented in the SAMPI-hall with fashion shows at 11:00 in the Fanie Ferreira-hall)
- The ever-popular Farmer Patent Competition will show the creative side of farmers.
Free entrance and exclusive parking are again available for Grain SA members and members are invited to visit the Grain SA member facility.
[edit] Ticket sales
Tickets can be purchased at the gates at R60 per person (Tuesday, Thursday and Friday) and R70 per person (Wednesday). Visitors can also purchase tickets from mid-April at exclusive Engen depots and Senwes Village-shops.
Visit the website at: www.nampo.co.za for more information about the 2010 Harvest Day.
Die NAMPO Oesdag en die landbougemeenskap van Suid-Afrika neem vanjaar weer hul plek in om die wêreld van landbou op 18 – 21 Mei ten toon te stel. Van die uitstallers het ook aangedui dat nuwe produkte bekend gestel gaan word.
Met die 2010-tema, “Sien die wêreld van landbou”, as inspirasie, is die meer as 630 uitstallers gereed om die onderskeie fasette van kommersiële landbou aan te spreek. Meganisasie-uitstallers gaan voortbou op hul metode van virtuele demonstrasies – wat sedert verlede jaar by hul uitstalruimtes aangebied word.
“Die Oesdag is daardie een geleentheid in die jaar wat produsente nie wil misloop nie, want dit is 'n een-tot-een-kontakgeleentheid én 'n samekoms van alle relevante partye betrokke in landbou,” het mnr. Jub Jubelius, voorsitter van die NAMPO Oesdag Komitee, gesê. Produsente kry die geleentheid om hulle persoonlike wêreld van landbou te meet teen die jongste tegnologie en boerderykennis wat in die mark beskikbaar is. “Dít maak van die Oesdag 'n uitsonderlike besigheidsgeleentheid vir enige produsent,” het hy bygevoeg.
Hy het ook genoem dat insetverskaffers wat in vorige jare nie uitgestal het nie, vanjaar heelhartig terug is omdat hulle opnuut die waarde van die Oesdag besef.
Die groeiende belangstelling deur oorsese uitstallers sorg vanjaar vir 'n groot afvaardiging vanaf Argentinië, sowat vyf Amerikaanse uitstallers en nuwe produkte vanuit Australië wat uitgestal word. Wat die veevertoning betref, word 'n handvol nuwe veeras-uitstallers verwag wat nog nie voorheen by die Oesdag uitgestal het nie.
Maar in die leefwêreld van die landbouer gaan dit nie net oor ysters, tegnologie en bemarking nie. Graan SA (wat die NAMPO Oesdag aanbied) sorg oudergewoonte ook vir 'n blik op die ontspanningskant van die lewe:
- Die 4 x 4-hindernisbaan staan en dreun behoorlik in voorbereiding op 'n praktiese demonstrasie van produkte wat in die mark beskikbaar is (elke dag om 11:00 en 15:00).
- Die skoner geslag kan regskuif vir 'n inspirerende Damesprogram (daagliks aangebied in die SAMPI-saal; modeparade soggens 11:00 in die Fanie Ferreira-saal)
- As 'n immergewilde deel van die Oesdag word boere se wenplanne by die Boerepatentekompetisie uitgestal.
Graan SA se lede kwalifiseer weer vir gratis toegang en eksklusiewe parkering. Lede word uitgenooi om by die Graan SA ledelokaal te kom besoek aflê.
[edit] Kaartjieverkope
Kaartjies kan by die hekke gekoop word teen R60 per persoon (Dinsdag, Donderdag en Vrydag) en R70 per persoon (Woensdag). Besoekers kan vanaf middel April vooraf kaartjies koop by uitgesoekte Engen depots en Senwes Village-winkels.
Volledige inligting oor NAMPO 2010 is te sien op die webwerf by: www.nampo.co.za
[edit] Kontak/Contact
Johan Loxton, Bestuurder: Kommersiële Dienste
Tel: (056) 515-2145 Faks: (056) 515-3613
E-pos: navrae@grainsa.co.za
Webwerf: www.nampo.co.za



