Skerp toename in bedgoggas in SA gevind
From Agri Wiki
26 April 2010
In 2009 het Rentokil ’n reeks nasionale seminare gehou waarin hulle die gasvryheidsbedryf rondom die moontlike gevare van bedgoggas toegespreek het. Sedert hierdie seminare gehou is was daar ’n skerp toename in die voorkoms van bedgoggas.
“Ons het ’n toename van van meer as 300% in bedgoggas sedert Maart 2009 ervaar, hierdie tendens kom veral in die warmer maande voor wat die risiko vir hotelle, gastehuise en ander akkomodasie eienaars bevestig. As ons die inkomste wat ons in Februarie 2010 deur die behandeling van bedgoggas gegeneer het met diè van Februarie 2009 vergelyk, is die toename meer as 500% ”, sê Nathalie Leblond, bemarkingsbestuurder van Rentokil pesbeheer.
Baie reisigers neem hierdie goggas huistoe sonder dat hulle dit besef aangesien hierdie goggas hulself in nou krake en skeure wegsteek en kan in ’n verkeidenheid wegkruipplekke gevind word, soos die nate van matrasse tot skoene en elektriese plate. Bedgoggas is nagdiere, wat op warmbloedige diere voed daar is egter gevind dat hulle mense as hul slagoffers verkies. Daar is ’n deurlopende debat rondom die moontlikheid dat bedgoggabyte skadelik kan wees, maar volgens die Amerikaanse Assosiasie vir Omgewingsgesondheidsdienste is daar geen bewyse dat bedgoggas oordraagbare siektes versprei nie, hul bytplekke kan wel rooi en jeukerig word of ’n alergiese reaksie in sommige mense veroorsaak.
Rentokil bied die volgende belangrike wenke om te verhoed dat bedgoggas jou huis oorneem:
- Stofsuig tasse na afloop van ’n vakansie.
- Huishoudingpersoneel moet gereeld lakens vir bloedspatsels ondersoek.
- Dit is uiters belangrik dat alle tweede-handse meubels deeglik vir bedgoggas ondersoek word en dit is wenslik om diè meubels deur ’n plaagbeheermaatskappy te laat behandel.
- Maak seker dat jy areas waar honde gereeld lê ondersoek.
- As jy gereeld reis, is dit dalk ’n goeie idée om ’n groot plastieksak te koop waarin jy jou tas kan bêre tydens jou verblyf in hotelle.
“Slegs professionele plaagbeheermaatskappye is in staat om hierdie pes te behandel veral aangesien hulle gou immuuniteit teen behandeling opbou. Ons beveel die publiek aan om bewus te wees van hierdie hoë risiko pes”, sê Leblond.
[edit] Bron/Source:
Besoek www.rentokil.com om jou plaaslike Rentokil beampte te vind of kontak 0800 FAMILY. --Sarel 10:48, 6 May 2010 (UTC)




