Vuurwapenlisensie opname

Bookmark and Share

From Agri Wiki

Jump to: navigation, search

Meer as 2500 besoekers het die opname al voltooi. --Sarel 07:56, 12 August 2010 (UTC)

Kliek hier om die opname te voltooi.

Help ons om jou te help

Na aanleiding van die talle vuurwapeneienaars wat sukkel om hul wapens te her-registreer, het SA HUNTER/JAGTER besluit om ‘n konstruktiewe bydrae te probeer lewer deur 'n opname te maak om te bepaal hoe groot die omvang van probleme met vuurwapenlisensiëring is.

Ons weet dat duisende mense sukkel om hul bestaande vuurwapenlisensies te hernu. Net so is daar mense wat sukkel om nuwe lisensies te bekom. Ons weet egter nie hoe groot die probleem werklik is nie. Al manier waarop ons dit kan vasstel is om hierdie inligting te registreer.

Ons gee die onderneming dat ons geen persoonlike inligting sal bekend maak nie, maar slegs totale getalle en algemene inligting. Soos u sal sien vra ons ook byvoorbeeld nie die huisadres van die deelnemers nie, dit is om veiligheidsredes.

Dit is baie maklik om die opname te voltooi, deur dit aanlyn te doen: Kliek net op hierdie skakel

Ons nooi alle vuurwapeneienaars, wat reeds langer as ses maande vir hul lisensies wag (nuut of her-registrasie) om so gou moontlik hierdie opname in te vul, dit neem slegs 10 minute van jou tyd.

Hierdie fasiliteit sal tot die einde van September 2010 beskikbaar wees. Ons wil egter so gou as moontlik die inligting versamel aangesien dit dalk van hulp kan wees in die oplos van probleme wat ervaar word.

U moet asseblief u vuurwapenbesonderhede by u hê as u die opname voltooi.

Help ons om jou te help.

Click here to complete the survey.


Voltooi opname per hand

Laai die opname af, daar is 2 dele, en druk dit uit.

Deel 1 moet voltooi word met die algemene inligting, en deel 2 moet voltooi word vir elke vuurwapen.

Faks die voltooide opname na 0865112390, ons sal dit dan insluit in die opname resultate.

PDF formaat:

Microsoft Word formaat:

Bron/Source:

André van Dyk - Redakteur – SA HUNTER/JAGTER
Private Bag X202
Pretoria 0001
Tel. 012 424 6407
Fax 086 535 4058

Ander skakels/Other links

Hoof van Polisie minag hofbevel oor Vuurwapenwet
Wapens: Swart eienaars dagvaar staat
Gun owner wants Cele jailed
Gun licensing unit probed

Personal tools
Create a book
Translate
Google AdSense
Together with:
www.landbou.com
follow us:
Twitter